Novae Library

Haasbekkies

R35.00

Category

Pippa en Pol is haasbekkies

Pol word een oggend wakker met ‘n los tand in sy mond. Hy kan nie onthou dat hy sy mond iewers gestamp het nie. Pippa kom in sy kamer in om met hom te praat, maar skielik is Pol stom. Hier is iets snaaks aan die gang. Wat dink jy kan dit wees?

Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie  storieboek bied kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende gaan gebeur m.a.w. hulle leer om “tussen die lyne” te lees.

Die leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige  storieboek.

 

Volg die skakels om die hardekopieë van die lees- en storieboek aan te koop.

Pippa en Pol is haasbekkies: Leesboek | ISBN: 978-1-991215-11-6

Pippa en Pol is haasbekkies: Storieboek | ISBN: 978-1-991215-41-3

 

Fase 2 | Fase 3 | Fase 4

Related Products