Tuin
R35.00
Pippa en Pol se tuin
Pippa en Pol se tuin is vol goggas. Daar woon ‘n liewenheersbesie in Pippa en Pol se erf. Sy verloor al die kolle op haar lyfie. Maar hoekom?
Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie storieboek bied kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende gaan gebeur m.a.w. hulle leer om “tussen die lyne” te lees.
Die leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige storieboek.
Volg die skakels om die hardekopieë van die lees- en storieboek aan te koop.
Pippa en Pol se tuin: Leesboek | ISBN: 978-1-991215-05-5
Pippa en Pol se tuin: Storieboek | ISBN: 978-1-991215-35-2





