Novae Library

Welkom by Novae se Aanlynbiblioteek

Pippa en Pol se boeke is gepak,

Netjies gesorteer op elke rak…

Ons hou so van lesers kweek,

so ons het nou ‘n BIBLIOTEEK!

Geniet ‘n nuwe storie, enige tyd:

Neem ons boeke AANLYN uit!

Dié biblioteek is nooit gesluit.

Kom saam!

Ons gaan lag en verken saam met Pippa en Pol, en ontdek hoe lekker die wêreld van ‘n leser kan wees! Hierdie avonture sal jou kind of leerders in jou klas so meevoer dat hulle skaars besef dat hulle lag-lag leer. Hulle sal ‘n honger na kennis ontwikkel – smag na avonture op papier. Vandaar Novae Boeke se slagspreuk:

"Boeke is asem, lees is kos."

Previous
Next

“Daar is nie iets soos ‘n kind wat dit haat om te lees nie. Daar is kinders wat lief is vir lees, en kinders wat die verkeerde boeke lees.”

Amerikaanse outeur James Patterson

Kyk gerus na voorbeelde van ons Afrikaanse storieboeke en leesboek.

Kliek en kyk gerus na voorbeelde van ons boeke.

Fase 2 Voorbeeld

Storieboek en Leesboek

Pippa en Pol se Maats

Dit is nog vakansie en Pippa en Pol het ‘n maatjiedag op die strand. Daar is baie om op die strand te doen en te sien…
LEES GERUS

Fase 3 Voorbeeld

Storieboek en Leesboek

Pippa en Pol kry waterpokkies

Pippa en Pol word een oggend wakker. Hulle voel nie baie lus vir skool nie. By die skool sien Juffrou iets op Pol se wang… Wat kan dit wees?
LEES GERUS

Fase 4 Voorbeeld

Storieboek en Leesboek

Pippa en Pol se klein Polkatjies

Polka se maag is vet, daar is klomp kleintjies in haar pens. Sy is vet en ongemaklik. Skielik gebeur daar een nag iets…
LEES GERUS

Afrikaanse storieboeke – Leer meer oor Pippa en Pol se leesreeks en aanlynbiblioteek.

R35.00

R35.00

R35.00

R35.00

R300.00

R300.00

R300.00

R300.00

R300.00

R8500.00

"Unieke, kleurvolle stories vir die kleinspan"