Novae Library

Winderige dag

R35.00

Category

Pippa en Pol se winderige dag

Pol word wakker van die wind wat waai. Hy en Pippa dink dit sal ‘n lekker dag wees om met hul vlieërs op die strand te speel. Hulle speel en lag in die wind…

Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie storieboek bied kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende gaan gebeur m.a.w. hulle leer om “tussen die lyne” te lees.

Die leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige storieboek.

 

Volg die skakels om die hardekopieë van die lees- en storieboek aan te koop.

Pippa en Pol se winderige dag: Leesboek | ISBN: 978-1-991215-14-7

Pippa en Pol se winderige dag: Storieboek | ISBN: 978-1-991215-44-4

 

Fase 2 | Fase 3 | Fase 4

Related Products