Kwaad
R35.00
Pippa en Pol is kwaad
Pippa en Pol het albei met die verkeerde voet uit die bed geklim. Die dag begin skuins. Pippa en Pol word kwaad vir mekaar…
Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie storieboek bied kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende gaan gebeur m.a.w. hulle leer om “tussen die lyne” te lees.
Die leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige storieboek.
Volg die skakels om die hardekopieë van die lees- en storieboek aan te koop.
Pippa en Pol is kwaad: Leesboek | ISBN: 978-1-991215-26-0
Pippa en Pol is kwaad: Storieboek | ISBN: 978-1-991215-56-7





