Kommersiële Lisensie
R8,500.00
Pippa en Pol se reeks is vir persoonlike gebruik, maar Novae se passie is om ouers, skole en leessentrums te help om ‘n passie vir lees by jong lesers te kweek. Daarom het ons ook die opsie vir skole en leessentrums om ‘n kommersiële lisensie vir 50 intekenare te bekom.
Hierdie opsie behels toegang tot AL die Storieboeke en Leesboeke oor al drie fases, vir ‘n tydperk van ‘n jaar.
Dit beteken dat skole hulle leerders met Pippa en Pol kan leer lees – van fase 2, waar die sinne en woorde kort en eenvoudig is, deur fase 3, waar daar al meer teks in die leesboeke is, tot by fase 4, met heelwat meer teks. So gaan die jong lesers op ‘n 60 boek lange avontuur saam met Pippa en Pol totdat hulle die insig en vaardighede ontwikkel het om langer woorde te lees, toenemend vlot te lees en begrip te toon van wat gelees word. Die reeks bestaan uit realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel.
Die pakket sluit die volgende in:
Aanlyn toegang tot die e-boeke van al die Storieboeke en Leesboeke oor al 3 fases, vir ‘n tydperk van ‘n jaar, vir tot en met 50 gelyktydige
intekenare.
Volg die skakel vir ‘n meer persoonlike lisensie wat aan u behoeftes sal voldoen.





