Novae Library

Hoe werk die biblioteek?

Hoe werk Pippa en Pol se leesreeks?

Novae se Pippa en Pol stories is geskryf spesifiek vir die hedendaagse kind, en bevat prettige stories wat betrekking het op vandag se gebeure, om te verseker dat dit in die jong leser se verwysingsraamwerk is. So maak ons seker dat die jong leser met die karakters kan identifiseer, terwyl die stories se helder, volkleur illustrasies ook verseker dat die balans tussen realiteit en meevoering die kind prikkel om te wil weet wat volgende  gaan gebeur.

Ons leesboeke is verdeel in fases wat ooreenstem met die moeilikheidsgraad van die leesboeke  – om so vlak vir vlak saam met die leser te groei.
Ons ontwikkel vir elke graad in die fondasiefase sy eie stel boeke, wat elk uit verskillende fases bestaan wat met kleurbande onderskei word. Ons begin by Fase 2, omdat Fase 1 illustrasies sonder teks behels.

Storieboeke

Realistiese, meevoerende stories wat deur ouer of onderwyser voorgelees kan word. Meer gevorderde lesers kan ook die teks self aanpak. 

Leesboeke

‘n Verkorte, vereenvoudigde weergawe van die tema se storieboek vir ontluikende lesers.

Graad 1: Fase 2 - Geel kleurband

Hier is die sinne en woorde kort en eenvoudig. Die leser leer dat daar ‘n verband is tussen die teks en die illustrasie, en begin om te dekodeer deur woorde te klank en sigwoorde te herken.

Graad 1: Fase 3 - Oranje kleurband

Hier is nou al meer teks in die leesboeke, maar dit is steeds kort en eenvoudig. Die leser leer deur afleidings te maak uit die illustrasies en aan die geskrewe teks te verbind. Die leerder se sigwoordeskat ontwikkel sodat woorde al meer herken word.

Graad 1: Fase 4 - Pienk kleurband

Heelwat meer teks kom in dié leesboeke voor, en die leser gebruik nou insig en vaardighede om dekoderingsvaardighede in te span om langer woorde te lees. Die leser begin om toenemend vlot te lees en toon ook meer begrip van wat gelees word.

Hoe werk die aanlynbiblioteek?

Met Novae se aanlynbiblioteek betaal jy ‘n minimale fooi om toegang tot ‘n storieboek en bypassende leesboek te kry vir ‘n maand lank in e-boekformaat. Jy kan ook ‘n hele fase op ‘n slag uitneem – dit is tien Pippa en Pol avonture! Jy kan die boeke lees op tot en met drie verskillende toestelle.

Enkel Tema

R 35
00
  • 1 Maand Toegang
  • 1 x Storieboek (e-boek)
  • 1 x Leesboek (e-boek)
  • 3 x Verskillende Toestelle

Pakket

R 300
00
  • 1 Maande Toegang
  • 10 x Storieboeke (e-boek)
  • 10 x Leesboeke (e-boek)
  • 3 x Verskillende Toestelle

Kommersiële lisensie

R 8500
00
  • 1 Jaar Toegang
  • 30 x Storieboeke (e-boek)
  • 30 x Leesboeke (e-boek)
  • 50 x Verskillende Toestelle

Om individuele boeke of pakkette uit te neem:

Kommersiële lisensie vir skole of sentrums: