Waterpokkies
R35.00
Pippa en Pol kry waterpokkies
Pippa en Pol word een oggend wakker. Hulle voel nie baie lus vir skool nie. By die skool sien Juffrou iets op Pol se wang… Wat kan dit wees?
Realistiese, meevoerende stories waarmee die jong kind homself kan vereenselwig. Dit behels allerdaagse gebeure wat in ‘n kind se leefwêreld afspeel. Hierdie storieboek bied kreatiewe vrae aan die einde van die storie wat die leerder lei om hoër-orde denkvaardighede toe te pas. Die leerder se redeneervermoë neem toe as hulle moet voorspel wat volgende gaan gebeur m.a.w. hulle leer om “tussen die lyne” te lees.
Die leesboek kan ook vir selflees gebruik word. Dit is so saamgestel dat hulle self kan lees. Die volkleur illustrasies en die kort teks sluit bymekaar aan. Hierdie leesboek is geskoei op die volledige storieboek.
Volg die skakels om die hardekopieë van die lees- en storieboek aan te koop.
Pippa en Pol kry waterpokkies: Leesboek | ISBN: 978-1-991215-16-1
Pippa en Pol kry waterpokkies: Storieboek | ISBN: 978-1-991215-46-8